Kersliedere bekoor gemeenskap
Die Replika Gemeente se orkes het kers-en-geestelike liedere gespeel.
Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) se Krisissentrum het op Vrydagaand, 2 Desember ‘n samekoms by die Hervormde Kerk gereël.
Die Replika Gemeente se orkes het Kers- en geestelike liedere gespeel terwyl die gemeenskap geluister en soms lekker saamgesing het.
Me. Arista van der Merwe, voorsitter van die SAVF, het gesê die doel van die geleentheid was om die hele gemeenskap bymekaar te bring omdat die SAVF die hele gemeenskap ondersteun.
Sy het na die predikantsforum gegaan en gevra dat alle gemeentes die aand sou ondersteun.
Me. Wini Ross en me. Hanlie Brits, maatskaplike werkers van die SAVF, het die aand ook op hul oopgespreide komberse op die gras meegemaak.
‘n Rustige atmosfeer het geheers en die mense het eers na 8nm na hul huise vertrek.



