EntertainmentLifestyle

Kersvader en Elsa verras kinders

“Ons gee om vir die kinders en wil die dag vir hulle spesiaal maak.”

SECUNDA – Giving Hearts en Oregon Spur het Dinsdag, 13 Desember vir minderbevoorregte kinders geskenke gegee by His Way Church.

MCR het die Kersvaderwa vir die kinders bestuur waarop Kersvader en Elsa van Frozen gery het.

Me. Rita Joubert het die lekkergoed geborg.

Me. Alta Horn van Giving Hearts het gesê: “Ons wil net dankie sê aan Parrot Riders Motorfietsklub, MCR vir die Kersvaderwa en Warriors en Voyagers Motorfietsklubs wat die dag vir ons moontlik gemaak het met hul bydraes.”

Daar is vir die kinders gebid en ’n storie vertel van Jesus deur mnr. Randall Donelly.

Die kinders se gesigte is geverf en elkeen het ’n geskenk ontvang.

Daar was veral opgewondenheid onder die dogters wat bly was om Elsa van Frozen te ontmoet.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button