EntertainmentLifestyle

Ontspan by Laerskool Secunda se vroue-oggend

Arno Jordaan is die gaskunstenaar en Jana du Plessis kom haar motiverende lewensreis deel.

SECUNDA – Laerskool Secunda nooi jou na hul jaarlikse vroue-oggend by Graceland op Saterdag, 25 Maart.

Dié bederf-oggend dien as een van die skool se opwindendste geldinsamelingsprojekte en sluit vanjaar nie net ’n ontbyt in nie, maar ook goeie vermaak.

Arno Jordaan is die gaskunstenaar en Jana du Plessis kom haar motiverende lewensreis deel.

Jana, wat onderwys studeer het en nou saam met haar man ’n onderneming besit wat opvoedkundige produkte aan winkels en skole verskaf, is onder andere aangewys as een van Kansa se International Heroes of Hope en is ook deur Finess-tydskrif as inspirerendste vrou aangewys.

Sy was ook ’n kranige sportvrou en kies om die lewenslesse wat sport haar geleer het, in haar alledaagse lewe toe te pas.

Jana geniet haar werk as motiveringspreker en vir haar is daar geen groter vreugde in die lewe as om hoop aan ander mense te bring nie.

As jy daarin belangstel om kaartjies vir die vroue-oggend te koop, skakel Lizelle van Zuydam by Laerskool Secunda by 017 634 7612.

Kaartjies beloop R150 per persoon en jy kan gemaklik aantrek.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button