Secunda se Eendedam Somermark is om die draai
Little Paws Big Hearts bied weer ’n Rails and Tails-pretloop aan waar hond en eienaar die natuur saam met ander diereliefhebbers kan geniet
SECUNDA – Secunda Steamers bied Saterdag, 25 Maart die Eendedam Somermark vanaf 2nm tot 7nm aan.
Gaan geniet ’n rit op die miniatuur stoomtreintjies of besoek die verskeidenheid stalletjies wat daar sal wees.
Jy sal ook die geleentheid hê om saam met jou hond ’n pretloop om die Eendedam te geniet.
Little Paws Big Hearts bied weer die Rails and Tails-pretloop aan waar hond en eienaar die natuur saam met ander diereliefhebbers kan geniet.
Skryf gerus vir die Mr and Miss Summer La Beauté Modelkompetisie in wat deur Ala Modelling Modelskool aangebied word.
Die Hoërskool Oosterland-orkes sal besoekers vermaak en daar sal ’n verskeidenheid kosstalletjies wees om van te kies.
Vir meer inligting, skakel Chantel Vorster by 072 594 0513.



