EntertainmentLifestyle

Swartgoudfees maak vanjaar groot geraas

Vanjaar word die 24ste Swartgoud Fees aangebied. Speed & Sound Drag Team sal hul motors ook laat brul en die almal sal die geleentheid kry om fotos by die motors te neem.

Vanjaar word die 24ste Swartgoud Fees aangebied.

“Die fees is om die draai en na baie harde werk, is die fees reg om aan almal se verwagtinge te voldoen.

“Daar gaan vanjaar verskeie uitstallers wees wat items gaan uitstal en verkoop.

“Van mediese beddens tot mampoer, ’n stalletjie waar jy jou eie kolwyntjie kan versier, biltong en baardolie tot nuwe Ford’s en Isuzu’s te koop,” het een van die organiseerders genoem.

Die fees vind vanaf 9 tot 10 Junie plaas.

Gaskunstenaars wat vanjaar gaan optree, sluit Touch of Class, Brendan Peyper, Etha, Majozi, Kurt Darren en die Ga-Nala-jeugkoor in.

Almal met unieke, eksotiese, klassieke en sportmotors word genooi om ’n dag vol pret en plesier te gaan geniet.

Motoreienaars wat voertuie uitstal, kry gratis toegang vir die bestuurder en een passasier.

Hulle sal ook toegelaat word om ’n regte kattebakverkoping (boot sale) te ondervind waar alle motorverwante items te koop aangebied mag word.

Die Ludick-broers van eMalahleni gaan met sowat 10 van Mpumalanga se beste “dragster”-voertuie spog.

Die Speed & Sound Drag Team gaan hul motors ook laat brul en almal sal die geleentheid kry om foto’s by die motors te neem.

As jy jou motor op die Mobile Dyno-masjien wil laat toets, sal jy moet spring omdat slegs 45 motors op die dag op die terrein getoets sal word.

Vir diegene met groot klanksisteme, gaan daar ’n klankkompetisie wees wat deur Nitro Crew beheer sal word.

’n Streng geen-alkoholbeleid sal gehandhaaf word deur feesgangers wat hul eie drank wil inbring en voertuie sal by die hek deursoek word.

Die polisie sal ook daar wees om dit te help beheer en kansvatters sal nie lig daarvan af kom nie.

’n Biertuin sal wel jou dors kan les en jy kan saam met vriende om kampvure die rugby op ’n grootskerm geniet.

Unieke bierbekers sal in die biertuin beskikbaar wees en sal as ’n goeie aandenking kan dien.

Die fees vind op Laerskool Krielpark se terrein plaas en die hek waar jy toegang vir jou motor kan kry, is oorkant Groenlaan 46.

Die hekke maak reeds om 8vm oop en toegang beloop R50 per persoon.

Vir meer inligting, skakel Jacques by 082 966 9408 of stuur ’n e-pos na swartgoud@vodamail.co.za.

Jy kan hul Facebookblad besoek.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button