EntertainmentLifestyle

Dit is nou jou kans om toneel te speel

Enige volwasse mans en vroue 18 jaar en ouer met ’n talent, liefde en passie vir toneelspel, die verhoog en opvoering wat graag deel wil wees van die produksie, kan ds. Henry skakel.

Ds. Henry van die Rondekerk op Secunda wil ’n produksie (toneelstuk) op die planke bring.

Enige volwasse mans en vroue 18 jaar en ouer met ’n talent, liefde en passie vir toneelspel, die verhoog en opvoering wat graag deel wil wees van die produksie, kan ds. Henry skakel.

Die plan en visie is om ’n toneelstuk van hoë gehalte met plaaslike akteurs op die planke te bring.

Dit sal dan opgevoer word aan die einde van die jaar.

As jy betrokke wil wees by die stel- en dekorbou en -ontwerp, skakel ds. Henry.

“Daar is soveel talent in ons midde met min geleenthede waar dit op professionele vlak uitgeleef kan word.

“Dié is jou kans,” het ds. Henry gesê.

Mense wat belangstel, hoef nie in die gemeente te wees nie, dit is oop vir almal.

Skakel ds. Henry by 083 229 1750.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button