EHS wenners van ATKV tienertoneel streekskompetisie
Gustav Pöhl het die Erries se wen-produksie Siësta wat handel oor Marta wat baie ongelukkig is omdat sy dink Francois verneuk haar en haar vriende wat probeer help om die verhouding met komiese nagevolge probeer red, geskryf.

Die ATKV Tienertoneelkompetisie het verlede week afgeskop.
11 Skole het 16 toneelstukkeopgevoer, die beoordelaars gedurende die week was me. Ira Blanckenberg en Prof.Marié-Heleen Coetzee. Saterdagaand het die vier finalis produksies opgetree en me. Tara Notcutt en mnr. André Stolz was die beoordelaars.
Gustav Pöhl het die Erries se wen-produksie Siësta wat handel oor Marta wat baie ongelukkig is omdat sy dink Francois verneuk haar en haar vriende wat probeer help om die verhouding met komiese nagevolge probeer red, geskryf.
Martinet Langeveldt ontvang ’n brons sertifikaat vir haar spel in dié toneelstuk.
Gustav Pöhl het ook Al wat ek wil hê geskryf en het die regie saam met Mariana de Jager hanteer.
Die styuk handel oor tieners en hul liefdeslewe in die hoërskool. Jenny was doodseke rsy het die man van haar drome in die palm van haar hand nadat hy geheueverlies opgedoen het. Sy vriende het egter agter die kap van die byl gekom en probeer om ‘n stokkie voor haar planne te steek.
Die Erries het ook die volgende toekennings ontvang: Algehele produksie en regie asook vir ensemble spel, Zelné de Jager en Gejhan Thyssen vir hul spel (bronssertifikaat).
Silwer-sertifikate aan Gustav Pöhl vir stelontwerp, klankbaansamestelling en beligtingsontwerp.
Amanda du Toit kry ‘n silwersertifikaat as beligtingsoperateur asook Gordon van Loggerenberg vir klankoperateur.
Vandré Swart ontvang die hoogste toekenning, naamlik ‘n gouesertifikaatvirsyspel as Gerhard in die toneelstuk.
Sharné du Plessis was die verhoogbestuurder en het haar uitstekend van haar taak gekwyt.
Die EHS is baie trots op hierdie groep leerders en personeel met ‘n skitterende prestasie!
“Ons hou duimvas dat hul uitgenooi word om aan die landswye finaal in Kaapstad te gaan deelneem.”
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.



