EntertainmentLifestyle

Loschalí Dansskool binnekort op KykNET te sien

‘Dans in jou taal’ is ’n Afrikaanse televisieprogram wat op 15 Augustus, vermoedelik 4.30nm op Kyknet uitgesaai sal word.

Twee dansgroepe van Loschalí Dansskool het op 29 Julie by Southdown College in Centurion vir Dans in Jou Taal gedans.

Loschalí Dansskool behoort aan me. Lorraine de Vos.

Dans in Jou Taal’ is ’n Afrikaanse televisieprogram wat op 15 Augustus, vermoedelik om 4.30nm, op KykNET uitgesaai gaan word.

Albei dié groepe is gekies om aan die eindronde deel te neem.

Die eindronde se opname vind op 29 Augustus plaas.

Daar is slegs ses groepe uit 27 gekies, waarvan Loschalí twee groepe stuur.

Groepe het in kontemporêr, ballet, moderne danse, hip-hop, akrobate, jazz en tap meegeding.

Me. De Vos het gesê dat dit goeie voorbereiding vir hul kunswedstryd is wat in Oktober plaasvind.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button