Elvis se Seun, ’n boere rockgroep het gaste by Our Place Sport Bar vermaak
Elvis se Seun het die skare by Our Place in Trichardt die afgelope naweek met hulle unieke Afrikaanse rock musiek vermaak.
Elvis se Seun, ’n boere rockgroep wat inspirasie kry uit die musiek van Elvis Presley, die Kitaar Kêrels en tradisionele boeremusiek in die algemeen, is altyd ’n fees vir die oë en ore en het gaste by Our Place Sport Bar die naweek vermaak.
Die Namibiese groep, wat tong-in-die-kies daarop roem dat hul voorsanger Elvis Presley se seun is en daarom klink sy stem so baie na sy “pa” s’n, het al die prys vir die beste Afrikaanse rockalbum én beste Afrikaanse liedjie by die Nama-toekennings gewen.
Stefan Ludik (Elvis Junior) van Binnelandersfaam en sy mede musikante, Die Rooi Mamba en De La Rey, is nie net talentvol nie, maar ook baie goed daarmee om die voete aan die dans te kry.
Die aand was ’n reuse sukses en die gesellige atmosfeer van Our Place Sport Bar het daartoe bygedra dat die gaste sommer vinnig van die winterkoue vergeet het.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.



