Local news

Mense geniet Boer en Britdag op Val

Program propvol geskiedenis verskaf goeie vermaak.

Die jaarlikse Boer en Britdag het op 11 April op die kleinste dorpie in Suid-Afrika, Val, plaasgevind. Daar was hope pret en vermaak vir oud en jonk.

Buiten die stalletjies wat heerlike kos en drinkgoed verkoop het, kon mense die skyngeveg tussen die ‘Boere’ en ‘Britte’, wat sowat 6km buite Val plaasgevind het, kyk.

’n Opvoering van hoe die gebeure van die destydse ‘Whisky-trein’-voorval op 29 Desember 1900 afgespeel het, is uitgebeeld.

Boere het destyds ’n Britse goedere-trein wat alkohol vervoer het, laat ontspoor nadat hulle ’n bom op die treinspoor geplant het.

Die boere het toe die Britse soldate genooi om saam met hulle die buit wat op die trein was, te geniet.

Verder kon mense ook ’n praatjie deur Professor Fransjohan Pretorius oor Emily Hobhouse geniet, asook ’n K9 hondevertoning en ’n kompetisie vir die bes geklede Boer en die bes geklede Brit.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button