Local newsNews

Maritz-broers van Secunda skenk saam 200 eenhede

Ondersteun bloeddiens en word ’n bloedskenker.

Twee broers, Johan en Frans Maritz, het op 6 April, saam elk hul 100ste eenheid bloed by die Secunda-tak van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) gaan skenk.

Dié twee het dus saam al 200 eenhede bloed geskenk.

Hulle volg in die voetspore van hul oorlede pa, ook Frans, wat in sy leeftyd meer as 100 eenhede bloed geskenk het.

Om bloed te skenk, is om lewe te gee.

Kankerpasiënte, slagoffers van ernstige ongelukke, swanger vroue wat komplikasies ondervind, vroeggebore babas, pasiënte wat groot operasies ondergaan en pasiënte met chroniese toestande soos bloedarmoede (anemia), moet gereeld bloedoortappings kry.

As jy bloed wil skenk, besoek die Secunda Bloeddiens in Horwoodstraat of skakel hulle by 017 631 1652.

Mense op Bethal kan die bloeddiens op Bethal besoek en Sasol het ook ’n tak waar mense bloed kan skenk.


ALSO READ: EFF councillor questions ‘missing’ R5m for destroyed offices in Kinross

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button