Local newsNews

Lede van Hoëveld Fotografieklub skryf beste foto’s in

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 5 Junie by te woon.

Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op 8 Mei bymekaar gekom en hul beste foto’s ingeskryf.

Die beoordelaar vir die aand was Jannie van Niekerk van die Kosmos Fotoklub en die voorgeskewe onderwerp vir Mei was ‘Night’.

Louis van der Walt het behoorlik uitgeblink en sy foto, Cederberg Arch Moon Phases, was die beste in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto gekry en ’n spesiale vermelding en nóg ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Tugela River 1 in die landskapafdeling.

Van der Walt het ook sertifikate van meriete vir sy foto’s, Praying Mantis 2, en D Owl 2, beide in die pikturale afdeling, ontvang.

Peter Winnan was die beste onder die senior fotograwe en sy foto, Got You, in die natuurafdeling, het hom ook ’n sertifikaat van meriete besorg, asook sy foto’s, Black Shouldered Kite (JV) in die natuurvoëlsafdeling en Lions Drinking in die natuurafdeling.

Edmund Hattingh se foto, Bee Breakfast, in die natuurvoëlsafdeling, het hom die beste fotograaf onder die junior fotograwe gemaak en hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang asook vir sy foto’s, Klipspringer en Naaldekoeker, beide in die natuurafdeling en Old Barn Under the Northern Lights, in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Fotograwe wat uitgeblink het en sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is:

  • Sussa Pelser vir haar foto’s, Sing us a Song, en Pumas at the Air Show, beide in die fotojoernalistieke afdeling,
  • Piet Potgieter vir sy foto’s, Fighting for the Right in die natuurafdeling, Lekker Gespeel met PS, in die pikturale afdeling, Quench that Fire in die fotojoernalistieke afdeling en Searching for my Ancestors, in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, en
  • Dr. Leon Pelser vir sy foto’s, Callie Rook Pyp, in die tweekleurige foto-afdeling en Till Death Drew us Part en The Visitor, beide in die pikturale afdeling.

Ander fotograwe wat sertifikate van meriete ontvang het, sluit in:

  • Yolandi Geyser vir haar foto’s, Sentinel at the Waters Edge in die natuurafdeling, A Bloom in Motion in die pikturale afdeling en Poised in Silence, en Whispers After the Rain, beide in die tweekleurige foto-afdeling,
  • Lorraine Botha vir haar foto’s, Boys will be Boys, en Making an Escape, beide in die natuurafdeling, Balancing Steps in die natuurvoëlsafdeling en Tranquil at Sunsrise in die landskapafdeling,
  • Stian Griffin vir sy foto’s, Village Weaver, en Die Nag Jagter, beide in die natuurvoëlsafdeling en Autumn in the Drakensberg in die landskapafdeling,
  • Ina Annandale vir haar foto’s, Scarlet Trail, en Tiny Wanderer, beide in die pikturale afdeling, Martial Instinct in die natuurvoëlsafdeling en Little Observer, in die tweekleurige foto-afdeling,
  • Hester Griessel vir haar foto’s, Lig Daai Boudjies, Het Hom en Dangerous, al drie in die pikturale afdeling en Kwartmaan in die voorgeskrewe onderwerpafdeling,
  • Johan Viljoen vir sy foto’s, Try in Site, In the Clouds en In the Air, al drie in die pikturale afdeling en Eat Everything in die tweekleurige foto-afdeling,
  • Danie Smit vir sy foto’s, Jantjieshoek in die landskapafdeling, Taalfontein, in die tweekleurige foto-afdeling en Wadi Rum in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende vergadering is op 5 Junie om 18:00 vir 18:30 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.

Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon. Vir meer inligting, skakel Lousi van der Walt by 072 755 2767.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button