Local news

Duiwe vlieg vanaf Noord-Kaap en Vrystaat na Secunda

James Allison se duiwe maak skoonskip.

Lede van die Sasol Posduifklub se duiwe het gedurende Junie aan verskeie wedvlugte deelgeneem en uitstekende prestasies gelewer.

Die duiwe het op 20 Junie vanaf Christiana in Noordwes na Secunda en omliggende gebiede huis toe gevlieg. Koot Meyer se duiwe het eerste en vyfde plekke behaal.

James Allison se duiwe het behoorlik uitgeblink en tweede, derde, vierde, sesde, sewende, agtste, negende en 10de plekke ingepalm.

Op dieselfde dag het die duiweboere se duiwe vanaf Tweespruit in die Vrystaat huis toe gevlieg. In die jongvoëlafdeling het James Allison se duiwe skoonskip gemaak deur eerste, tweede, derde en vierde plekke te behaal.

Koot Meyer se duiwe het vyfde, sesde en negende plekke behaal, terwyl een van die Kotze-gesin se duiwe sewende geëindig het en die Steyn-familie se duiwe agtste en 10de plekke behaal het.


LEES OOK: Bowling club in Secunda raises R40 000 for Cansa


In die ope afdeling van dieselfde wedvlug het Allison se duiwe weer hul staal gewys deur eerste, tweede, derde, vierde, vyfde, sesde, sewende, agtste en 10de plekke te behaal, terwyl een van Koot Meyer se duiwe negende geëindig het.

Op 27 Junie het die duiweboere se duiwe weer hul vlugvermoë bewys, dié keer vanaf Reddersburg in die Vrystaat.

Allison se duiwe het weer die jongvoëlafdeling gewen en ook tweede, sesde en sewende plekke behaal.

Koot Meyer se duiwe het derde, agtste en negende plekke behaal, terwyl die Steyn-familie se duiwe vierde en 10de plekke behaal het en een van die De Nysschen-hokke se duiwe vyfde geëindig het.

In die ope afdeling van dieselfde wedvlug het Allison se duiwe weer uitstekend gevaar en die eerste, tweede, vierde, vyfde, sesde, sewende en agtste plekke ingepalm.


LEES OOK: Head-on collision near Standerton claims five lives


Die Steyn-familie se duiwe het derde en negende plekke behaal, terwyl een van Koot Meyer se duiwe 10de geëindig het.

Duiwe het op dieselfde dag ook vanaf Kimberley in die Noord-Kaap huis toe gevlieg. Dié keer was dit die Steyn-familie se duiwe wat eerste, tweede, vyfde, sesde, sewende en agtste plekke behaal het.

Een van die De Nysschen-hokke se duiwe het derde geëindig, terwyl Koot Meyer se duiwe vierde, negende en 10de plekke behaal het.

In die ope afdeling, ook vanaf Kimberley, was dit een van Koot Meyer se duiwe wat eerste oor die wenstreep gevlieg het, terwyl nog een van sy duiwe tweede geëindig het.

Allison se duiwe het derde, vierde, vyfde, sesde, agtste en negende plekke behaal, terwyl die Steyn-familie se duiwe sewende en 10de plekke ingepalm het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button