Jong Florida-danser laat haar nie onderkry nie
Deelnemers uit al nege provinsies het ingeskryf vir 'n kans om deel te wees van die Suid-Afrikaanse span wat aanstaande jaar aan die America's Got Talent-kompetisie in New York gaan deelneem.
Die negejarige Domunique Nel het nie toegelaat dat die wêreldwye Covid-19 pandemie haar passie vir dans demp nie, en spog met vele prestasies wat sy by die Talent Africa-kompetisie behaal het.
Sy het aan die begin van die jaar haar oudisie vir deelname aan Talent Africa voltooi, en het na die Nasionale rondte van hierdie kompetisie deurgedring. Die nasionale kampioenskappe sou van 21 tot 28 Maart by die Roodepoort Teater plaasvind, maar is as gevolg van die pandemie uitgestel.
As gevolg hiervan het die beoordelaar besluit om die fisiese optredes voor ‘n gehoor en beoordelaars te vervang deur video-opnames. Deelnemers uit al nege provinsies het ingeskryf vir ‘n kans om deel te wees van die Suid-Afrikaanse span wat aanstaande jaar aan die America’s Got Talent-kompetisie in New York gaan deelneem.
Domunique het by Talent Africa ‘n gouemedalje vir haar Open Solo, asook vir haar Hip Hop Solo ontvang. Sy spog ook met ?n spesiale toekenning wat sy van Talent Africa ontvang het toe sy as die Best Junior Stage Performer aangewys is.
Sy is boonop vir die derde agtereenvolgende jaar gekies vir die Suid-Afrikaanse span wat in 2021 aan kompetisies in New York en Kroasië gaan deelneem. Die span gaan in September aan die Mediterranean Legends International Festival and Contest deelneem.
Domunique se solovideo is een van 270 inskrywings uit verskeie kategorieë wat gekies is om in September op kykNET se Dans in jou taal-program uitgesaai te word, wat ‘n eenmaal in ‘n leeftyd geleentheid is.




