Local newsNews

Harte wat omgee

Die projekte het grotendeels op die insameling van niebederfbare voedsel en vars brood gefokus, wat by die skool verpak is en onder die gekose instansies en gesinne versprei is.

Die ouers, leerders en onderwysers van Laerskool Helderkruin het nog altyd ‘n omgeehart vir die gemeenskap gehad, en hierdie jaar was dit ook nie anders nie.

“Laerskool Helderkruin se leiers werk in rade en een daarvan is die Gemeenskapsraad. Hulle identifiseer waar daar ‘n behoefte is en reik dan uit. Die klem val op niewinsgewende organisasies waar die nood groot is, en min of geen ondersteuning kry nie. Ons is jaarliks by Animal Anti-Cruelty League (AACL), Lions, Fred en Martie Sopkombuis en Baba Moses betrokke. Hierdie jaar het ons ook uitgereik na FORA, wat tans in groot nood verkeer, en gesinne wat erg deur die pandemie benadeel is,” het Amanda Botes van die skool verduidelik.

Die donasies wat by Fred en Martie se sopkombuis afgelewer is, is aan die gemeenskap oorhandig. Foto’s: Verskaf.

Die hulp wat aan hierdie organisasies gebied is, is onder die vaandels van ‘Wys my jou Hart’ asook
‘Wys my jou hart vir ons vierpootvriende’ geloods.

“Laerskool Helderkruin se ouerkorps is absoluut betrokke, en die leuse ‘Wys my jou hart’ het ook by hulle ontstaan, want ons ouers wys altyd hulle harte waar daar nood is,” het Amanda bygevoeg.

Die projekte het grotendeels op die insameling van niebederfbare voedsel en vars brood gefokus, wat by die skool verpak is en onder die gekose instansies en gesinne versprei is. “Om ons vierpootvriende te help, het ons dierekos en komberse ingesamel wat by FORA afgelewer is,” Amanda vertel.

“Ons beoog om elke jaar twee projekte per kwartaal te loods en het ook al uitgereik na Owl Rescue Centre met die herwinning van plastiekbottels. Dit is ‘n wonderlike projek wat meer as een doel dien – herwinning van plastiek, die rehabilitasie van uile, verspreiding van uilneste en ook die verkoop van spekbome.”

Een van die Kruiners by die donasies wat vir die vierpotiges ingesamel is.

Amanda het vertel dat die skool tans die beleid volg om nie enige geldinsamelings te doen nie, maar om eerder op die insameling van bruikbare produkte te konsentreer, en het afgesluit, “Ons leerders neem jaarliks aan die AACL-kunskompetisie deel, maar dit het nie dié jaar plaasgevind nie. Die inskrywingsgeld is gewoonlik in die vorm van ‘n donasie, en hierdie jaar het baie van ons leerders hul snoepiegeld kom skenk, wat ons dan aan die AACL geskenk het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button