Local newsNews

Dapper ouma bang vir niks nie

Volgens Cobie was daar twee mans wat besig was om die motor te probeer kaap; een was in die passasiersitplek en die ander een was alreeds besig om met die motor te probeer wegkom

‘n Ingewing van die oomblik besluit om ‘n mede suid-Afrikaner in nood te help, het aan Cobie Roux, 64, ‘n onmiddelike heldetitel besorg.

Cobie het op Maandag, 3 November, onwetend ‘n motorkaping op Hendrik Potgieter-rylaan, oorkant die Hillfox sentrum, gefnuik. “Ek was om 11.30vm oppad huis van Weltevredenpark af, toe ek ‘n wit Mercedes Benz en silwerkleurige voertuig in die geelstreep langs die pad sien staan het. Ek het gesien hoe die bestuurder van die Mercedes Benz geslaan word, en dit is toe dat ek besluit het om om te draai en te kyk of ek dalk kan help,” het sy vertel. Sy het bygevoeg dat sy gedink het dit was dalk ‘n moontlike padwoede-aanval.

“Eers nadat ek my voertuig voor die man se Mercedes gestop het, dat ek besef het dat dit eintlik ‘n motorkaping is wat besig is om voor my uit te speel. Ek het uit my voertuig uitgeklim en onmiddellik vir die toeskouers geskree om te help,” het Cobie gesê.

Volgens Cobie was daar twee mans wat besig was om die motor te probeer kaap; een was in die passasiersitplek en die ander een was alreeds besig om met die motor te probeer wegkom, en sy het verduidelik, “Dit het gelyk asof die man wat agter die stuurwiel sit, nie geweet het hoe om die voertuig in trurat te sit nie, en hy kon ook nie vorentoe ry nie, want my motor was in sy pad. Terwyl hy gesukkel het om te probeer wegkom, het die ander verdagte uit die motor uitgeklim en weg gehardloop. Toe ek weer sien, toe is het die een agter die stuurwiel ook uitgeklim, en op my afgestorm. Ek was t elaat om my deur te sluit, en hy het probeer om my aan my nek en arms uit die motor uit te trek, maar kon dit nie regkry nie. Hy het toe probeer om op my skoot te klim om my motor te vat, maar kon ook nie daarin slaag nie. Hy het baie kwaad uit geklim, na my toe gedraai en sy wysvinger en duim (soos wat kinders sal maak wanneer hulle speel-speel met ‘n vuurwapen skiet) en gesê, ‘I am going to shoot you”.

Toe sy nie op hierdie uitlating reageer het nie, het die man haar met die vuis in die gesig geslaan, en sy het gesê, “Hy het my so hard geslaan dat my bril gebreek het en ek het net sterretjies gesien”.

Daarna het hy ook weggehardloop, maar die omstanders het hom agterna gesit, en hom gevang. Cobie het gesê, “Een van die omstanders, ‘n taxibestuurder, het die verdagte met ‘n knopkierie bygedam, en die ander het ook ‘n paar houe en skoppe ingekry, voordat die polisie opgedaag het, en hom gearresteer het.”

Cobie het afgesluit, “Ek was glad nie bang nie, nie tydens die voorval of daarna nie. Daar was ook nie een oomblik tydens hierdie voorval wat ek gevoel het dat hierdie ou my gaan doodmaak nie. Ek is nie ‘n held nie, dit is maar net wie ek is, ek help altyd waar ek kan.”

Die Northsider het die slagoffer van kaping, Leon Botha, gekontak, maar hy het nie op ons versoeke gereageer nie. Sy dogter, Bernice Botha, het wel die volgende op haar Facebook- blad geplaas, na die voorval, “Hierdie wonderlike vrou het vandag my pa gehelp toe hulle hom probeer kaap het! Jy was ‘n engel en ons is so dankbaar jy het die oproep tot aksie gehoorsaam! #makeherfamous #angelfromabove”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button