Local newsNewsSchools

Kruiner lief die kollig

Dié jong kunstenaar het boonop al aan menige skoonheidskompetisies deelgeneem.

Kruiner Kleuters se sesjarige Chloe Oberholzer het in haar kort lewe reeds talle harte verower deur haar groot persoonlikheid en talente.

Dié Graad R-leerder het vandat sy kan onthou ‘n liefde vir die uitvoerende kunste gehad en voel meer tuis op die verhoog as op enige ander plek. Na skool woon sy graag gimnastiek-, dans- en modelklasse by en het selfs ‘n halfbeurs by ABS Produksies losgeslaan.

“Ons moes ‘n kort monoloog instuur om te kwalifiseer vir ABS Produksies se dramaprojek. Sy is toe ‘n halfbeurs aangebied om vanjaar virtuele dramaklasse by te woon, wat sy met die grootste entoesiasme en opgewondenheid aangepak het,” het haar ma, Wendy Oberholzer vertel.

Chloe Oberholzer is ‘n klein dogtertjie met ‘n groot toekoms. Foto: Alanicka Lotriet.

Chloe het gereeld opdragte voltooi en verskeie stukke opgevoer onder die mentorskap van Reynardt Hugo en ander bekende kunstenaars. Sy sien uit na dramawerkswinkels wat na verwagting later vanjaar sal plaasvind, en ook om in ‘n kortfilm te verskyn.

Aanhangers kan ook verwag om haar in een van Charlize Berg se musiekvideo’s te sien wat onlangs opgeneem is.

“Verder kan sy nie wag vir die SA Danskampioenskappe en Model of the Year-kompetisie wat voor die einde van die jaar gaan plaasvind nie. Sy is net ‘n bol energie en ongelooflik spontaan; ons glo sy gaan dit vreeslik baie geniet,” het Wendy vertel.

Dié jong kunstenaar het boonop al aan menige skoonheidskompetisies deelgeneem, en is tans ‘n Mnr en Mej Randfontein-finalis. Volgens Wendy is sy die jongste deelnemer vanjaar.

Alhoewel klein Chloe op verskeie gebiede uitblink, sien sy haarself eendag as ‘n Graad 1-juffrou.

Laerskool Helderkruin is trots op die passievolle kleuter en sien daarna uit om haar nog menige kere op ‘n verhoog en op televisie te sien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button