Local newsNewsSchools

Spoggerige graadeentjies begin hul skooljare by Hories

'Ons is bevoorreg om hierdie jaar met so 'n dinamiese span kinders te werk.'

Vir duisende kleingoed regoor die land was Dinsdag, 11 Januarie die begin van hul skoolloopbaan.

Met min trane, en gewapen met boeke en inkleurpotlode het die nuwe graadeentjies hul eerste dag met groot entoesiasme aangepak. Die nuwelinge van Laerskool Horison was geen uitsondering nie toe hul met groot opgewondenheid verwelkom is.

Danté Fourie is gereed vir die grootskool. Foto: Alanicka Lotriet.

“Ons het met trots op hierdie dag met ‘n nuwe tradisie begin. Die leerders het boonop spoggerig in hul nuwe skooldrag gelyk, en het menige ouerharte laat bars van trots,” het Laerskool Horison se Toeks Mans vertel.

Amoré Broodryk is gereed vir die grootskool. Foto: Alanicka Lotriet.

“Ons is bevoorreg om hierdie jaar met so ‘n dinamiese span kinders te werk en om elkeen tot sy/ haar volle potensiaal te help ontwikkel.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button