Local newsNewsSchools
Hories-atlete vaar goed by SA’s
Tydens die gesogte byeenkoms het twee dogters besonder goed presteer.
Laerskool Horison is trots op 12 van hul topatlete wat vroeër vanjaar vir die Nasionale Laerskole Atletiek Kampioenskappe gekwalifiseer het.
Dié kampioenskappe het op 25 en 26 Maart in Potchefstroom plaasgevind. Tydens die gesogte byeenkoms het twee dogters besonder goed presteer. Hulle is Annebelle Schutte en Chané Fourie wat in ‘n totaal van vyf items uitgeblink het.
Hulle uitslae is soos volg:
• Annebelle – Verspring o.10 (goud)
• Chané Fourie – 150m o.12 (goud)
– 100m o.12 (goud)
– 150m hekkies o.12 (brons)
– Dogtersaflos o.12 (silwer)
Die Horie-familie wens die atlete en hul afrigters geluk met hul uitmuntende prestasies en ‘n puik seisoen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



