Sonskynland maats leer oor beskermersberoepe
Dié geleentheid het beslis talle vonke veroorsaak wat toekomstige loopbane aanbetref.
Leerders van Laerskool Horison se Sonskynland het onlangs ‘n opwindende voorsmakie gekry van wat verskeie beskermersberoepe behels.

Die kleuterskool se speelgroepie, asook hul Graad RR- en Graad R-leerders het alles geleer oor alledaagse helde en hul rol in die gemeenskap.

Die maats het boonop die geleentheid gehad om soos hul gunstelingbeskermer aan te trek, en hul klasmaats meer oor daardie beroep te vertel. Die speelgrond was dus vroeg-vroeg gevul met ywerige dokters, verpleegsters, brandweermanne en polisiebeamptes, om net ‘n paar te noem.

DiƩ geleentheid het beslis talle vonke veroorsaak wat toekomstige loopbane aanbetref. Die Sonskynland-onnies vertrou dat die maats die geleentheid geniet het, en baie daaruit geleer het.











