Local newsNewsSchools
Roodie-akromeisies presteer
Al drie leerders verwerf Wes-Rand-kleure in Akrosport.
Drie Laerskool Roodekrans-leerders het einde Mei hul skool se naam hoog gehou toe hulle aan die Wes-Rand Akrobatiese Sport Distrikkampioenskappe deelgeneem het.

Gedurende die geleentheid het Mianke Strydom en Mieke Vorster elk ‘n eerste plek behaal terwyl Donné Koekemoer ‘n derde plek verower het. Al drie leerders verwerf dus Wes-Rand-kleure in Akrosport.


Die skool is trots op die Roodies en hul puik prestasies.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



