[KYK] Die jeug gee hul mening oor vrouens en geslagsgelykheid
Die Record het besluit om dié Vrouedag met die mense te gesels wat nie doekies omdraai nie – ons jeug.

Die Record het besluit om dié Vrouedag met die mense te gesels wat nie doekies omdraai nie – ons jeug.
Vyf kinders tussen die ouderdom van agt en 14 is verskeie vrae gevra oor die stand van geslagsgelykheid in ons land, asook oor die rol van vrouens in ons daaglikse lewe. Alhoewel sommige vrae die wielietjies laat draai het, was ander so eenvoudig dat net ‘n eenwoord- antwoord nodig was – ‘Mamma!’.
Dit is nie ‘n geheim nie dat vroue dikwels voel dat hul moeite en harde werk ongesiens verbygaan. Dié kinders het dit egter duidelik gemaak dat daar een ding is waarsonder die wêreld nie kan klaarkom nie – ‘n vrou. Hulle glo ook dat vrouens in die algemeen tot enigiets in staat is.
Volgens dié groepie kinders kan vrouens ook enigiets doen wat ‘n man kan doen, indien nie beter nie.
Kyk hier na hul redenasies: https://youtu.be/zVMyJv3GYqo?list=UUEhfdBuDrGBdtBnfZ_AVXCg



