AfriForum-buurtwag ontvang brandopleiding
Die opleiding het teorie en prakties ingesluit en was boonop interaktief.
Die AfriForum-buurtwag in Roodepoort het op Vrydag 5 en Saterdag 6 Augustus brandopleiding ontvang. Forum Sekuriteit het die opleiding aan 20 van die Roodepoort-buurtwaglede by die Gauteng Dragon Boat Association aangebied.

Die opleiding het teorie en prakties ingesluit en was boonop interaktief. Die doel daarvan was om die buurtwaglede die basiese kennis te gee oor hoe om op te tree tydens ’n brand. Daar is ook aan hulle verduidelik hoe die brandbeskermingsdrag en -toerusting werk.

Volgens Werner Britz, die leier van die Roodepoort-buurtwag, is dit belangrik dat die buurtwaglede die nodige kennis het om brande te blus.
Lees meer: Afriforum Roodepoort-tak en Beagle Watch skep bewusmaking oor veiligheid
@media print {
.ms-editor-squiggler {
display:none !important;
}
}
.ms-editor-squiggler {
all: initial;
display: block !important;
height: 0px !important;
width: 0px !important;
}



