Local newsNews

Stappers maak ‘n verskil in Harveston

"Baie mense van die gemeenskap het by ons gestop en dankie gese vir dit wat ons doen."

Twee vriendinne in die Honeydew-omgewing het hulle daaglikse staproete in ‘n vullisverwyderingsveldtog omskep.

“Ek en my vriendin Petro Viljoen het in 2020 net voor Covid gereeld elke dag so om en by 5km gestap, en agtergekom hoe vuil ons omgewing is. Ons het toe sommer ‘n swartsak gevat, handskoene gekoop en so stelselmatig begin om die vullis op te tel,” het Marie Coetzee vertel.

Wellington en sy trollie.

Sy het bygevoeg dat hulle hul passie vir stap gebruik om terselfdertyd ’n verskil te probeer maak en het gesê, “Ons hou daarvan om in ‘n mooi skoon, veilige omgewing te stap”.

Hul doel is om die Honeydew-omgewing so skoon as moontlik te maak, maar Marie het gesê dat hulle geen befondsing van enige aard ontvang nie.

“Ons het intussen meer inisiatief aan die dag gelê tydens ons daaglikse stap. Petro se man het vir ons elkeen ‘n stok gemaak met ‘n skerp punt waarmee ons die vullis optel, en my man het vir ons ‘n trollie gemaak wat ons saamsleep. Baie mense van die gemeenskap het by ons gestop en dankie gesê vir dit wat ons doen,” het sy vertel.

Coetzee het verder vertel dat dit net hulle twee is wat by hul projek betrokke is en dat hul mans gewoonlik agter hulle aanry om die sakke op te tel omdat dit swaar word. “Ek het ook besluit om vir ‘n man wat wil werk die geleentheid te gee om ons twee keer per week te help,” het sy bygevoeg.

Lees meer: Lions Club calling on those eager to help the less fortunate

Coetzee het aan die Northsider verduidelik dat dit absoluut wonderlik sal wees as die gemeenskap betrokke kan raak by die projek, want dan kan hulle vir meer mense meer gereeld werk aanbied. Hulle het gevolglik die Harveston Residents Association, NPO 270-190 gestig sodat die gemeenskap met vrymoedigheid daartoe kan bydra omdat die geld nie in iemand se persoonlike rekening sal beland nie.

Wellington by sy trollie.

Sy het afgesluit deur te noem dat sy graag van die besighede in die omgewing sou wou nader om deel te word van die projek. “Miskien kan Spar, Pick n Pay of selfs West Pack ook ‘n bydrae lewer deur vir ons swartsakke te borg. Daar is ongelooflike geleenthede maar fondse is broodnodig daarvoor.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button