Local newsNews

Residentia Ons Huis hou Boerefees

Kunstenaar Sonet Shields sien daarna uit om by die fees op te tree.

Residentia Ons Huis Florida nooi graag die gemeenskap uit na hul Boerefees en 55ste verjaarsdag wat op Saterdag, 24 September by die tehuis gehou gaan word.

Feesgangers kan uitsien na tradisionele kos soos kerrie en rys, pannekoek, bunny chow, pap en kaiings, afval en verskeie soorte poeding. Daar sal ook boeresport en vermaak vir die kinders wees.

Kunstenaar Sonet Shields sien daarna uit om by die fees op te tree. Dit sal van 09:00 tot 18:00 plaasvind by die tehuis wat by Madelinestraat 110 in Florida geleë is.

Vir meer inligting kontak Annete by 011 672 5018 of stuur ‘n epos na onshuis@resedentia.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button