News

Wat is nou lekkerder as melktert vir Kersfees?

Hierdie resep sal beslis jou gesin beïndruk ...

Is jy gekies om vanjaar ‘n nagereg na die gesin se Kersete te neem?

In plaas van die gewone koekstruif (trifle) wat niemand eintlik wil eet nie … probeer eerder hierdie heerlike melktertresep wat almal sal wegwaai en vir jou skoonma wys hoe dit gedoen word.

Jy het die volgende bestandele nodig:

Kors:
• 125g botter
• Twee eetlepels olie
• Twee eetlepels suiker
Roer saam tot roomerig en voeg een eier by

Sif saam:
• Twee koppies meel
• Twee teelepels bakpoeier
• ‘n Knippie sout
Meng alles goed deur, rol die deeg uit (dit is genoeg vir twee terte)

Vulsel:
• Ses koppies melk
• Een en 1/2 koppie meel
• Een koppie suiker
• Vier eiers
• 115g botter
• Vanielje

Kook vier koppies melk en botter. Meng suiker, meel en twee koppies melk tot roomerig. Roer in kookmelk in en aanhoudend tot dik. Haal van die stoof af. Voeg goed geklitste eiers en vanielje by.

Bak teen 200 C tot ligbruin. Strooi pypkaneel en suiker bo-oor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button