News
Floroma hou Moedersdagmark
Floroma Ouetehuis se Moedersdagmark was oudergewoonte 'n groot trekpleister.
Floroma Ouetehuis het die afgelope Saterdag ‘n heerlike Moedersdagmark aangebied.

Markbesoekers het die sonnige winteroggend ten volle benut en rustig tussen stalletjies gekuier op soek na snuisterye, tuisgebak, Moedersdaggeskenke, gebreide en gehekelde produkte, en vele meer.

Soos gewoonlik het die kosstalletjies flink besigheid gedoen, met alles van heerlike pannekoek tot varsgebraaide boereworsrolle en nog vele meer lekkernye op die spyskaart.

’n Plaaslike sanger het vir vermaak gesorg en verskeie kompetisies is deur die loop van die dag gehou.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



