Local newsNews

Gemeenskap genooi na vrolike “Boer Ding”-kermis

Die gemeenskap word genooi om saam te kuier wanneer NG Kloofendal en Handelinge Gemeente ’n gesamentlike kermis met markstalletjies, vermaak en pret vir die hele gesin aanbied.

NG Kloofendal en Handelinge Gemeente bied op Saterdag, 30 Mei, ’n gesamentlike kermis aan en nooi die gemeenskap uit om die dag saam te geniet.

Volgens Suzette Prinsloo, voorsitter van NG Kloofendal se Vroue in Aksie-groep, wat saam met Handelinge Gemeente die geleentheid organiseer, beloof die dag pret en vermaak vir die hele gesin.

Voorsitter van NG Kloofendal se Vroue in Aksie groep, Suzette Prinsloo.

“Die kermis vind plaas onder die tema ‘Dis ’n Boer Ding’. Daar gaan talle markstalletjies wees met ’n wye verskeidenheid produkte en aktiwiteite,” sê sy.

“Besoekers kan winskope verwag op alles van kuns en handwerk tot mode, bykomstighede, tuisgebak en speelgoed. Daar sal ook ’n groot speelarea vir kinders wees met speletjies, springkastele en meer.

“Ons sien daarna uit om die plaaslike gemeenskap te verwelkom vir ’n dag van samesyn en kuier.”

Die kermis begin om 08:30 en duur tot 13:30.

Die kerk is geleë by Opallaan 19, Kloofendal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Back to top button