Plaaslike inwoner steek self hand uit om die gemeenskap op te knap
Tagtigjarige inwoner hou self haar omgewing netjies, al is dit met groot pyn en moeite.
Moeg vir hoe haar omgewing lyk, Kittie Meissner (80) doen nou alles in haar vermoë om haar omgewing veilig en netjies te hou, maar bevraagteken waar en wanneer die munisipale entiteite gaan inspring.
“As ons dit nie gaan doen nie, wie gaan? Dit lyk soos ‘n varkhok hier!”
Sy vertel van die oop mangat op die sypaadjie waar ‘n ander inwoner nie te lank terug ingeval het, soos wat daar op 11 Oktober verslag oor gelewer is. Sy het vertel sy het probeer die gat met takke stop sodat wanneer ‘n persoon daar loop, veral snags, ten minste die gat kan sien en sou iemand daar inval, sal die takke hulle val bietjie breek. Sy vertel die mangat is vinnig besig om ook in ‘n asblik te ontaard, maar voor al die rommel daarin gelê het kon sy sien daar loop riool deur.

“As daardie riool pype verstop, wat dan?” het Meissner gevra.
‘n Ander probleem is die telefoonkabels wat los oor die sypaadjie hang op die hoek van Generaal Pienaarlaan en Haynesstraat asook die aangresende hoek by Jan van Rooyenstraat. Sy verduidelik dis ‘n gevaar aangesien dit ‘n hoop kabels is en iemand kan daaroor val of daarin verstrengel raak, behalwe daarvoor is dat dit ‘n onooglik situasie om te aanskou. Sy het aangegaan om te verduidelik daardie hoek is ook ‘n stortingsterrein. Daar is ook gate in die sypaadjie waar grond uitgegrawe is.
Meissner verduidelik sy het maar haar kruiwa gevat en alles gaan omspit en gehark en grond na die gate toe aangery en dit gelyk gehark.
Meissner gaan aan om te sê sy het eens op ‘n tyd die middelmannetjie in Generaal Pienaarlaan se gras self gesny, maar met haar gesondheid is sy net nie meer daartoe instaat nie. Sy het verduidelik dat sy onder die indruk was dat sy slegs osteoartritis in haar heup het, maar na daar X-strale op haar gedoen is, is daar bevind dat haar rugwerwels loop heeltemal na die linker kant toe. Dit versprei die pyn na haar heup. Sy noem dat daar niks is wat vir haar gedoen kan word nie en sy kan ook nie anti-inflammatoriese medisyne drink nie, omdat sy probleme met haar niere het.

Verder is ‘n gat waar Joburg Water (JW) ‘n gebarste pyp reggemaak het aan die oorkant van die pad ook ‘n bekommernis.
Sy gaan aan om te sê sy het nie ‘n nuwe slimfoon nie, slegs ‘n ou selfoontjie sonder internet. Vir daardie rede kan sy nie probleme aanmelt (‘calls logg’) by die entiteite nie. Sy verduidelik sy het die probleme aan Wyk 71 se raadslid, René Benjamin, gerapporteer, wie toe vir haar ‘n verwysingsnommer aangestuur het, maar die probleem is steeds nie opgelos nie.
Benjamin het verduidelik gemeenskapslede moet probleme aan die verskillende entiteite rapporteer, sy is die laaste persoon om te kontak wanneer die entiteit nog nie die probleem opgelos het nie. Sy sal dan met hulle in verbinding tree en hulle daaraan herinner dat daar steeds ‘n probleem is waaraan hulle moet aandag gee.
Op die vraag hoe gemeenskaplede moet maak as hulle nie toegang tot internet het om probleme aan te meld nie, het Benjamin verduidelik die maklikste manier vir inwoners, wat nie slimfone het nie, is om die nommer 011 375 5555 te skakel. Sy het genoem die nommer hou met al die verskillende entiteite verband, behalwe vir JMPD wat hulle eie nommer het.

Wyk 85 raadslid Zoné Hughes en Wyk 83 raadslid Florence Roberts het bevestig die enigste opsie is dat inwoners van die oproepsentrumnommer gebruik maak, alhoewel dit baie tyd in beslag neem en selfs vereis dat mense vervoer moet hê om na die depot toe te gaan. Roberts het verder voorgestel dat inwoners met hulle bure in aanraking kom vir moontlike hulp.
Die Roodepoort Record het Telkom probeer nader vir kommentaar rakende die telefoonkabels, maar het teen druktyd nog geen terugvoer ontvang nie.
Bertha Peters-Scheepers, woordvoerder vir Johannesburg Road Agency (JRA), het verduidelik dat ‘die opgegrawe grond deel is van hervestigingswerk’ rakende die gat wat JW gegrawe het om die pype te vervang.
“JW moet JRA voorsien van ‘n diensversoek om die pad te herstel, sodra hulle [JW] bevestig het die herstelwerk is 100% voltooi,” het Peters-Scheepers by gevoeg.
Rakende die mangat het sy verduidelik dat JW en JRA verantwoordelik is vir hulle eie mangate.
Geen kommentaar is teen druktyd van JW ontvang nie. ‘n Opvolg sal gedoen word sodra kommentaar ontvang is.



