EntertainmentLocal news

Onnie verteenwoordig skool op Noot-vir-Noot

Alhoewel dit Maria-Lise se eerste keer is om aan so 'n mussiekkompetisie deel te neem, het sy gou daarin geslaag om vir haar mededingers ore aan te sit.

Musiek was van kleins af ‘n integrale deel van plaaslike onderwyser, Maria-Lise Pieters se daaglikse lewe en was dit nog altyd ‘n droom van haar om op een van die mees ikoniese Afrikaanse TV-musiekprogramme, Noot-vir-Noot te verskyn.

LEES OOK: Horie-onnie haal Noot vir Noot se semifinale rondte

Dié passievolle onderwyser wat al vir 13 jaar by Laerskool Horison skoolgee meen sy kyk die program al vandat dit vir die eerste keer op televisie uitgesaai was.

“Daar was altyd musiek in ons huis of kar gespeel. My ma sou op Vrydae aande haar plate in die sitkamer uitpak en dan het ons as gesin saam musiek geluister,” het sy vertel.

Volgens Maria-Lise het sy baie Country- en Afrikaanse musiek as kind geluister. Soos enige ware musiekliefhebber het haar smaak in musiek oor die jare heen verbreed en het sy graag musiek uit die 70’s en 80’s geluister. Dit sluit in musiek van bekende kunstenaars Roxette en ABBA onder andere.

As tiener het sy na 5FM begin luister waar sy meer blootstelling tot hedendaagse popmusiek gekry het. Op universiteit sou Maria-Lise deel word van die koshuis-serenadegroep waar sy verder aan verskillende genres blootgestel was.

“Ek luister na basies enige iets behalwe metal of klassiek. Ek hou meestal van popmusiek en is ‘n groot 80’s musiek aanhanger. Ek het vir ‘n ruk in Suid-Korea gebly en is mal oor K-Pop ook,” het sy laggend vertel.

“Ek is ook al van jongs lief vir boybands se musiek. Plaaslik is die groep ADAM my gunsteling en oor die algemeen Westlife. Ek hou ook baie van Rian Benade se musiek.”

Alhoewel dit Maria-Lise se eerste keer is om aan so ‘n mussiekkompetisie deel te neem, het sy gou daarin geslaag om vir haar mededingers ore aan te sit. Sy is dus opgewonde om aan te kondig dat sy deel was van drie Noot-vir-Noot episodes – wat haar oorspronklike episode, semifinaal en finaal insluit.

Terwyl sy as die wenner van haar eerste episode en semifinaal weggestap het, het sy ongelukkig nie dieselfde geluk tydens die finaal gehad nie, en was as die naaswenner gekroon.

“Ek het nooit ingeskryf nie want ek het altyd gedink die druk sou te veel wees – dis mos baie makliker om die antwoorde van die bank af te skree. Maar, die ervaring was ongelooflik. Die Noot-vir-Noot span is wonderlik,” het sy vertel.

“Ons het voor die tyd met Emo Adams [aanbieder] gesels, sodat hy ons beter kon leer ken en ons op ons gemak kon plaas. Johan Stemmet het ook ‘n sessie met ons gehad voor elke dag se shoots om ons so klein bietjie voor te berei. Die kameras is ook nie in jou gesig nie, so jy vergeet daarvan. Emo en DJ Shelly was baie energiek op die stel en ons het sommer baie gelag en pret gehad.”

Sy meen sy sal graag weer aan ‘n soortgelyke mussiekkompetisie wil deelneem en wil graag almal bedank wat haar in haar Noot-vir-Noot reis ondersteun het. Dit sluit in haar man, familie, vriende, kollegas en kinders van die skool (insluitend hul families) in.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button