KidsLocal newsLocal sportPrimary SchoolSchool sport

Ruann lei Goue Leeus na oorwinning

Dié oorwinning merk die eerste keer sedert 2013 wat die Goue Leeus die gesogte toernooi wen.

Laerskool Dr Havinga se Ruann Bester het weereens uitgeblink op die rugbyveld toe hy begin Oktober aan die Provinsiale 7’s Rugby Toernooi deelgeneem het. Die toernooi het in Bloemfontein by Hoërskool Sentraal plaasgevind.

Ruann Bester is opgewonde vir sy hoërskool rugbyseisoen. Foto: Alanicka Lotriet.

Nie net was dié graad 7-leerder as die kaptein van die 7’s Goue Leeus o13A-span aangewys nie, maar het hy ook sy leierskapvaardighede gebruik om sy span na oorwinning te lei.

Die Goue Leeus het daarin geslaag om as die wenners van die toernooi weg te stap nadat hulle hul oponente in al ses wedstryde geklop het. Op die eerste dag van die twee-dag toernooi het Ruann se span teen die Valke, Limpopo Bulle en die Cheetah A- en B-span gespeel.

Ruann Bester is opgewonde vir sy hoërskool rugbyseisoen. Foto: Alanicka Lotriet.

Op die tweede dag speel hulle teen die Sharks in die semifinaal, en die Boland in die finaal. Dié oorwinning merk die eerste keer sedert 2013 wat die Goue Leeus die gesogte toernooi wen. Dit kom ook nadat die Goue Leeus vroeër vanjaar die Boland in die Cravenweek finaal geklop het. Hy meen dit was vir hom ‘n groot voorreg om beide die 15-speler Goue Leeus span sowel as die 7’s span te kon verteenwoordig op o13 vlak die jaar.

Ruann Bester is opgewonde vir sy hoërskool rugbyseisoen. Foto: Alanicka Lotriet.

Alhoewel Ruann se laerskool rugbyloopbaan tot ‘n einde gekom het, het hy reeds begin voorberei vir sy eerste hoërskool rugbyseisoen by Hoërskool Monument.

“Die afgelope rugby seisoen het my vaardigheid en spel baie gehelp, my geleer om vinniger op my voete te dink en het selfs my fiksheid vlakke verbeter. Nou weet ek ook waar ek in beide formate (15-man en 7-man) kan verbeter,” het hy vertel.

“Dit was ook vir my die lekkerste om nog een laaste keer saam my Goue Leeus maats die Goue Leeus Unie se naam hoog te hou en almal trots te maak.”

Hy meen verder dat hy baie daarna uitsien om Monnas te verteenwoordig by interskole toernooie asook die Verseker Beker Toernooi. Sy eerste doelwit is egter om sy posisie in die A-span te verdien en natuurlik, elke oomblik daarvan te geniet.

Related Articles

 
Back to top button