Pasop vir die plas!
Inwoners van 6de Laan in Georginia kla oor die stank wat die straat vul.
Behalwe vir die groot slaggat wat in die straat is, is daar boonop nog rioolwater wat ook daarin loop.
Lees ook: Hundreds of litres of sewage pouring into river daily at Two Rivers Country Estate
Volgens inwoners van 6de Laan in Georginia kom die rioolwater van een van die huise in die omgewing en raak dit so erg dat dit die hele straat, tot op die hoek van 6de Laan en 1st Straat afloop en ook in die inwoners se opritte inloop.

Die slaggat wat ook in die straat is word deur rioolwater opgevul, wat dit nog gevaarliker maak, aangesien mense snags dit nie kan sien nie. As gevolg van die motoriste wat om die slaggat moet ry, het daar nou al twee ander slaggate langs die eerste een ontstaan.
Volgens Poppie Oosthuizen, ‘n inwoner van 6de Laan kan sy snags hoor hoe motors teen die teer stamp, omdat hulle nie die slaggat kan sien en daarvoor uitswaai nie.
Lees ook: Sewage drama flares up again
Daleen van Niekerk, ‘n ander inwoner van die straat, het vertel dat die slaggat en die rioolwater wel gerapporteer is, maar dit is steeds ‘n probleem, al is daar al aan die rioolpyp gewerk.
Wyk 84-raadslid, Johannes Goosen, het verduidelik dat hy die situasie alreeds twee maal by Johannesburg Water gerapporteer het gedurende die week. Johannesburg Water het nog nie kommentaar gelewer teen die tyd wat hierdie artikel gepubliseer is nie.



