Local newsMunicipal

Gemeenskap woedend nadat Georginia-substasies gevandaliseer is

Substasies in beide Witpoortjie en Georginia gevandaliseer en inwoners is raadop.

Die substasie wat krag voorsien aan George Ross-straat in Witpoortjie, is, soos soveel ander, gevandaliseer. Die smeltdrade is afgebrand of net weg en die pootjieskakelaar (tripswitch) is uitgeruk, terwyl sommige van die drade met kleefband vasgeplak is.

Daleen van Niekerk by die oop substasie op die hoek van 1ste Straat en 6de Laan in Georginia. Foto: Chanté Bolton.

Also read: Illegal mining activity negatively impacts Roodepoort substations

Inwoners van die area, onder meer Frik Viljoen, het hulle bekommernis geuiter rakende die aantal dae wat die krag af is en hoe dit spreek van swak dienslewering, aangesien Witpoortjie nie die enigste area is wat deurloop onder die krag situasie nie.

Also read: City Power unable to keep up with high demand for mini substations

Hulle is wel bekommerd omdat dit vir hulle voorkom asof Witpoortjie meer sonder krag is as ander areas. Viljoen het verder sy bekommernis aangedui rakende kinders wat by die substasie speel.

Frik Viljoen by die oop substasie. Foto: Chanté Bolton.

By Georginia is dit dieselfde geval as by Witpoortjie. Die substasie staan oop en kinders speel daar naby, onbewus van die gevare. Volgens die inwoners is die kwessie gerapporteer maar nog geen reaksie is ontvang nie.

Volgens Zaheera Walker van Johannesburg City Power is die probleem by Georginia substasie nou opgelos, die substasie in Witpoortjie het egter ander probleme opgelewer en daaraan moet steeds gewerk word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button