Local news

Solidariteit Helpende Hand se bewusmakingsveldtog oor maatskaplike werk

Solidariteit Helpende Hand maak mense bewus van die ware toedrag van sake rondom maatskaplike werk.

Baie verkeer onder ‘n wanpersepsie rakende maatskaplike werk. Solidariteit Helpende Hand wil hierdie persepsie verander deur ‘n bewusmakingsveldtog wat gefokus is op die werk wat maatskaplike werkers verrig en die nodige kwalifikasies wat daarmee gepaardgaan.

Lees ook: Struggling to find work, yet still volunteers

21 Maart was Internasionale Maatskaplike Werkersdag wêreldwyd gevier.

Volgens ‘n peiling wat deur Helpende Hand gedoen is, rakende die publiek se mening oor maatskaplike werk, is bevind dat die meerderheid mense se ervaring met maatskaplike werkers positief was, alhoewel daar tog mense is wat ‘n negatiewe ervaring gehad het. In meeste gevalle kan dit toegeskryf word aan gevalle waar kinders uit ouerlike sorg verwyder is.

Lees ook: Six tips to make your CV work for you this year

Volgens Christia Potgieter, ’n maatskaplike werker en hoof van Solidariteit Helpende Hand se maatskaplike werk dienste-afdeling, hang die besluit of kinders uit ouerlike sorg geneem moet word nie af van die maatskaplike werker nie, maar van ‘n landdros van die kinderhof, nadat ondersoek ingestel is oor die ouers se omstandighede. Die Kinderwet no 38 van 2005 verskaf die nodige inligting rakende wat benodig word in ‘n kinderhofverslag.

‘n Verdere wanpersepsie onder mense is dat maatskaplike werkers nie kwalifikasies nodig het nie. In der waarheid moet ‘n maatskaplike werker oor ‘n vierjaar graad beskik en geregistreer wees by die Raad van Maatskaplike Werkers (South African Council for Social Services).

“Die raad is die waghond van die professie en indien ’n maatskaplike werker hom/ haar skuldig aan onetiese of onprofessionele gedrag bevind, stel die raad ondersoek na die klagte in en kan hy sovêr gaan om ’n maatskaplike werker van die rol te skrap. Maatskaplike werk is dus ’n professionele en etiese beroep,” het Potgieter verduidelik.

“Solidariteit Helpende Hand se maatskaplike werk dienste-afdeling het gedurende Maart, ter viering van Internasionale Maatskaplike Werkersdag, ’n bewusmakingsveldtog van stapel stuur om die publiek van nuuts af te herinner aan hiérdie eerbare en noodsaaklike beroep. Deur hierdie veldtog het ons bewusmaking skep oor wat maatskaplike werkdienste behels, die verskillende fasette van die professie, nodige kwalifikasies, die noodsaaklikheid van gemeenskapsontwikkeling asook inligting aan die publiek verskaf rakende aanmeldbare sake en watter prosesse gevolg moet word.

“Daar word nou, meer as ooit tevore, baie druk op individue, gesinne en gemeenskappe se emosionele, finansiële en fisiese welstand geplaas en maatskaplike werkers speel ’n integrale rol om hoop uit wanhoop te skep,” het Potgieter afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button