Local news

Ons Winkel se deure is oop vir hoop

Saam maak hulle 'n verskil in die lewe van die gemeenskap.

In die middel van Delarey is daar ‘n plek waar liefdadigheid floreer.

Ons Winkel Florida het vyf jaar gelede hul deure in Delarey op Ontdekkersweg oopgemaak en dien vandag nog sy gemeenskap. By die winkel neem hul goeie tweedehandse goedere in wat deur die gemeenskap geskenk word en beskou dit as ‘n vorm van hoop. Hoop vir kinders om te kan gaan studeer eendag, hoop vir ‘n persoon om ‘n inkomste te kan verdien en so ook hoop op ‘n beter toekoms.

Lees ook: Liefdadigheidswinkel open in Newlands

Die winkel is meer as net ‘n liefdadigheids of tweedehandse goedere winkel. Dit is deel van Helpende Hand se Ons Winkel-inisiatief. Daar is huidiglik meer as 120 Ons Winkels regoor die land en soos die naam sê is die winkel vir die gemeenskap. By elke Ons Winkel word die fondse in sy gemeenskap belê en maak ‘n reuse impak regoor die land.

Die eerste en belangrikste doel van die winkel is om Helpende Hand se studiefonds te help steun. Die fonds ken rentevrye studielenings aan kwalifiserende studente toe wat andersins weens hul omstandighede nie verder sou kon studeer nie. Hiermee het Helpende Hand reeds groot sukses behaal aangesien ‘n hoë persentasie jongmense wat deur die studiefonds gehelp is, suksesvolle loopbane opgebou het.

Ons Winkel Florida op Ontdekkersweg. Foto: Jarryd Westerdale.

Sedert Januarie het die Florida winkel ‘n nuwe bestuurder. Yolandi Schutte is al vier jaar betrokke en was in beheer van die insameling van die winkel se skenkings.

Lees ook: Society’s open secret: 2nd-hand shopping is hot!

“Ons Winkel is daar vir goeie dade en goeie redes. As jy goed doen vir ander, sal God op sy beurt weer voorsien wanneer dit die nodigste is,” het Yolandi gesê.

Ons Winkel Florida is slegs klein skakel in ‘n groot masjien wat homself vir die mense van die onmiddellike omgewing beywer. Dit is nie net ‘n plek om kwaliteit items teen ‘n goeie prys te kry nie, dit is ‘n plek waar die gemeenskapslede hul voete kan vind.

As jy graag items wil skenk wat jy nie meer gebruik nie is jy welkom om die volgende items soos linne, beddegoed, huishoudelike items, meubels en elektriese toebehore asook klere te skenk, en selfs ‘n kuiertjie in te werk of net hallo te sê.

Kontak gerus vir Yolandi by 061 719 7279 of Adrian by 071 548 8014.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button