Local newsSchool sport

Keanu blink uit in sport en kultuur!

Die Hoërskool Florida seun spog met al sy prestasies.

Keanu Nel is ‘n graad 9-leerder van Hoërskool Florida wat uitblink op sportgebied.

Beiten dat Keanu deel is van die Junior Leerlingraad, is sport ook ‘n passie vir hom met baie prestasies agter sy naam.

Keanu het gedurende die Maartvakansie aan die Junior Athletics South Africa kompetisie deelgeneem wat in Pietermaritzburg plaasgevind het. Keanu het ‘n algehele vierdeplek in gewigstoot behaal.

Keanu is ook gekies om internasionaal te gaan deelneem in Italië waar hy Suid-Afrika gaan verteenwoordig by die Tricolour Games vir gewigstoot en diskus gedurende Julie. Die atletiekbyeenkoms vind slegs plaas een keer elke vier jaar. Keanu sê dat hy ongelooflike baie uitsien na die byeekoms. Hy is baie senuweeagtig omdat daar atlete van regoor die wêreld gaan deelneem. Daar gaan in die omgewing van 35 lande bymekaar kom waar die bestes teen mekaar gaan kompeteer. Keanu glo dat harde werk word beloon en met die wat hy dié goue geleentheid kry is dit sy beloning vir al sy harde werk.

Keanu blink ook op die hokkieveld uit waar hy as ‘n doelwagter speel. Hy is ook gekies vir die D12-distrik hokkiespan. Keanu het ongelooflik baie passie vir hokkie en kry weekliks professionele afrigting.

Bo-op al die hokkie geniet hy rugby waar hy as hakker vir die o15 A-span speel. Keanu het ook uitgeblink in pistoolskiet waar hy die o14 SA-kampioen gekroon is.

Deur al die sport het Keanu ook ‘n talent vir klavierspeel waar hy reeds die trofee ontvang het vir duet saam met ‘n onderwyser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button