Local news
Plaaslike kerk hou motorfiets- en motorskou
Bring die hele gesin en geniet die dag saam met 'n ietsie vir jonk en oud by die kerk se Lentefees.
NG Gemeente Horison-Noord hou op 2 September vanaf 08:00 tot 14:00 ‘n Lentefees met ‘n motorfiets- en klassieke motorskou.
Die skou sal lekker kos, insluitende vetkoeke, pannekoeke, jaffels, boereworsolle, koffie, tee, koeldrank en koek te koop hê. Verder sal daar ook ‘n vlooimark wees met ‘n ietsie vir almal.

Geniet die dag saam met plaasdiere wat die kinders kan ontmoet en voer. Daar sal natuurlik ook miniature perdjies wees om op te ry. Die fees sal ook ‘n verskeidenheid van vermaak aanbied, insluitend ‘n boereorkes, dans- en gimnastiek items.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



