Local news

Rocco de Villiers kom kuier in Horison

Die immergewilde Rocco de Villiers tree by die NGK Horison-Noord op.

Die bekende en charismatiese pianis, Rocco de Villliers, tree Dinsdagaand 30 April om 19:00 by die NG Kerk Horison-Noord gemeente op.

Hy is ‘n vermaaklikheidskunstenaar uit die boonste rakke wat weet hoe om sy gehoor met sy musiek te betower vir ‘n onvergeetlike aand.

“Die hele gesin is welkom om die aand saam met ons te kom geniet,” sê ds Noël Schreuder. “Kaartjies is baie bekostigbaar. Slegs R125 per volwassene, R50 vir skoliere en kinders onder sewe kan gratis saamkom.”

Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor, skakel 011 766 2508 om te koop, of besoek https://computicket-boxoffice.com/e/Rocco-de-Villiers.

“Daar word ook ligte etes vanaf 5nm by die kerk te koop aangebied, sodat dit ‘n heerlike aand van ontspanning vir almal kan wees.”

Die kerk is in Pigeonstraat, Horison geleë.

Related Articles

 
Back to top button