Local newsUpdate

Inwoners bring hulde aan oorlede kinders

Witpoortjie-inwoners bring hulde aan seuns wat in ongeluk sterf.

Inwoners van Witpoortjie het Maandagmiddag, 21 Oktober, op die hoeke van Paynestraat en Trezonalaan hulde gebring aan twee plaaslike kinders wat verlede week hier in ‘n gru-ongeluk gesterf het.

Skoolvriende, familielede en selfs vreemdelinge het saamgetrek ter ondersteuning van geliefdes en ter nagedagtenis aan die twee seuns van onderskeidelik Laerskool Dr Havinga en Hoërskool Bastion wat in die soveelste ongeluk op hierdie berugte pad gesterf het.

Rochelle Strydom en Michelle Steyn.

“Trezonalaan is seker die gevaarlikste pad in die hele area,” sê een gemeenskapslid wat verkies om anoniem te bly. “Mense jaag op en af hier en baie van hulle stop glad nie by die stoptekens nie.”

• Lees die oorspronklike artikel hier: Witpoortjie crash claims two lives

Die houtkruis wat vir die seuns opgerig is.

Volgens Michelle Steyn, een van die organiseerders van die geleentheid, het hulle glad nie die kinders of hul ouers geken nie.

“Dit bly twee kinders uit ons gemeenskap wat op ’n ontydige tyd uit die lewe geneem is,” sê sy. “Ons kon dit nie net so los nie. Ons skoolgemeenskap is erg hierdeur geskud.”

Ansa Roets.

Saam het Steyn en haar goeie vriendin Rochelle Strydom besluit om die gemeenskap ‘n geleentheid te gee om hulde te bring, deur ‘n boodskap via sosiale media te publiseer waarin mense gevra word om Maandagmiddag om 14:00 op hierdie hoeke bymekaar te kom om blomme vir die kinders neer te lê.

Hoërskool Bastion leerders Dean Strydom, Tristan Nieuwoudt, Kaylee Strydom en Braydan Strydom.

Steyn en Strydom het ook ‘n houtkruis ter nagedagtenis aan die twee seuns by die stopteken, waar die ongeluk plaasgevind het, opgerig.

Otlarongwa Modika, verbonde aan die beheerliggaam van Princess Primary School, het ook haar medelye betuig.

Die Roodepoort Record het vroeër berig die seuns is op 14 Oktober om 14:00 dood in ‘n ongeluk tussen ‘n minibus en ‘n motorfiets op dié hoek. Die Bastion-leerder was op die motorfiets terwyl die Havie-leerder in die minibus was.

Wesley Pretorius en sy sussie Chante-Lee by die huldeblyk. Wesley was ‘n klasmaat van die oorlede Havie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button