Local news

Sewe dekades van liefde vir Jan en Cathy

Na 'n leeftyd saam is Jan en Cathy van Niekerk steeds so verlief soos op hul troudag – in 1955.

Jan en Cathy van Niekerk bereik op 3 September ’n besondere mylpaal wanneer hulle hul 70ste huweliksherdenking vier.

Volgens een van hul vyf kinders, Anthon, is die egpaar steeds so verlief soos op die dag in 1955 toe hulle in Bloemfontein in die huwelik bevestig is. Hulle is ’n voorbeeld van twee mense wat saam deur lief en leed gegaan het en in hul gryse ouderdom steeds die romanse van hul liefde behou.

“Hulle is ongelooflik dankbaar vir onverdiende goedheid en guns uit die Vader se hand, en dat hulle gespaar is om dié herdenking te kan beleef,” sê Anthon.

Jan (91) geniet woordsoek-raaisels in tydskrifte en koerante, werk graag met sy hande en braai elke naweek ’n vleisie. Cathy (88) is lief vir lees, naaldwerk en kosmaak, en is boonop steeds ’n kranige bakster.

Jan (91) en Cathy (88) vier op 3 September hul 70ste huweliksherdenking.

“Hulle hele lewe spreek van liefde vir mekaar, vir hul kinders, kleinkinders, agterkleinkinders, familie, vriende en naaste,” sê Anthon.

Jan is in November 1933 in Dealesville as die agtste kind van die gesin gebore. Hy en sy jonger broer, Petrus, wat saam met sy vrou Sannetjie in Bloemfontein woon, is die enigste oorlewende kinders van die gesin.

Cathy is in Desember 1936 in Wepener gebore as die oudste dogter. Sy het drie susters gehad, waarvan twee reeds oorlede is. Die ander suster, Doreen, woon saam met haar man Fritz in Bloemfontein.

Die egpaar het vyf kinders, twee aangetroude dogters en een aangetroude seun. Hulle het agt kleinkinders, waarvan ses getroud is, en nege agterkleinkinders.

Hulle sien daarna uit om hul platinum-herdenking in Kroonstad, omring deur familie en vriende, te vier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Back to top button