Local news

Kermis sorg vir groot pret

Kermis sorg vir groot pret vir oud en jonk.

NG Constantia Kloof en Handelinge Gemeente se gesamentlike kermis op Saterdag, 30 Mei, was ’n groot sukses en is goed deur gemeente- en gemeenskapslede ondersteun.

Genevieve de Villiers en Gerhardt Nieuwoudt.

Die kermis het ’n wye verskeidenheid markstalletjies aangebied, waaronder kuns, handwerk, mode, bykomstighede en vele meer.

Die pannekoekstalletjie was een van die groot treffers van die dag, met die ywerige pannekoekbakkers wat moes bontstaan om by die groot hoeveelheid bestellings by te bly.

Pannekoek-meester, Arnold Zaayman.

Daar was ook ’n verskeidenheid tuisgebak, waaronder koekies, koeksisters, koeke en terte.

Daar was volop vermaak vir oud en jonk, met ’n speelarea vir die jongspan, terwyl mammas na winskopies kon soek en pappas om die braaivleisvuur saamgekuier het.

Livan van Blerk (9).

Handelinge Gemeente se jeuggroep het verskeie speletjies aangebied wat vir ure se pret gesorg het, terwyl die plaaslike kankerondersteuningsgroep Reach for Recovery en die South African Guide-Dogs Association bewustheid oor hul onderskeie organisasies geskep het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button