Local sportSport

Judokas bereik hoogtes by jaarlikse nasionale proewe

Ivan het met sy prestasies vir die Statebondkampioenskappe gekwalifiseer.

Vier judokas van die Doryoku-judoklub het die nuwe jaar se aksie op ‘n hoĆ« noot by die eerste Nasionale Kampioenskapsproewe afgeskop.

Die judokas Tegan Malherbe, Ivan Olivier, CJ Schutte en Ruben Cordier het op 7 Januarie aan die proewe gaan deelneem. Daartydens het Tegan ‘n tweede plek, Ivan ‘n eerste plek en CJ ‘n vierde plek behaal. Ruben het daarna aan die Statebondkampioenskapsproewe deelgeneem en ‘n algehele vyfde plek behaal.

Ivan het met sy prestasies vir die Statebondkampioenskappe gekwalifiseer, en sal in September in Port Elizabeth daaraan gaan deelneem.

“Ons is trots op die judoka. Ons wag om te hoor of Tegan en CJ ook sal kwalifiseer om aan die Statebondskampioenskappe deel te neem,” het Danie Bruwer, afrigter van Doryoku-judoklub afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button