Local sportSport

Bastion-skuts palm sakke vol medaljes in

As gevolg van die Covid-19-pandemie is die volgende rondte tot verdere kennisgewing uitgestel.

Hoërskool Bastion-skuts, Michael Berning en Juanco van der Walt het vanjaar hulle talente tydens die Noord-Gauteng Kampioenskappe in die .22-geweerafdeling ten toon gestel.

Michael het in die 3P-presisieklas ‘n silwermedalje ingepalm. In die C-klas het hy in die eerste rondte ‘n silwer-, die tweede rondte ‘n goue-, en ‘n algehele gouemedalje vir sy prestasies verower. In die skoliere-afdeling het hy ‘n gouemedalje gekry, en in die juniorafdeling het hy ‘n silwermedalje losgeskiet.

Juanco het ‘n silwermedalje in die skoliere-afdeling asook ‘n bronsmedalje in die juniorafdeling gewen.

As gevolg van die Covid-19-pandemie is die volgende rondte tot verdere kennisgewing uitgestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button