Local sportSport

Laerskool Florida-dansertjie pryk op TV!

Dominique Nel het haar Desembervakansie gebruik om naam te maak in die danswêreld en is baie trots op dit wat sy bereik het.

Daar is nooit ‘n tekort aan talent in Roodepoort nie, veral nie by die jonger inwoners nie.

Die 10-jarige Laerskool Florida-leerder Dominique Nel se uitsonderlike danstalent het haar gehelp om die eerste plek by die Talent America International Championships 2020 te behaal. Die virtuele kompetisie is in Desember gehou en altesaam nege lande het daaraan deelgeneem.

Kyk hier:

 

Die vurige dansertjie het koning gekraai in haar Hip Hop Solo-dans waar sy algeheel eerste geëindig het. Maar dit was nie al nie; Dominique het ook ‘n algehele derde plek in haar Open Solo verwerf. Deur die loop van die kompetisie is sy twee keer deur gerespekteerde beoordelaars teruggeroep.

Talent America is nie die enigste hoogtepunt vir die dansertjie nie. Dominique se Solo-video was ook een van slegs 270 video’s in verskeie kategorieë wat in Desember op kykNET se bekende televisieprogram, Dans in Jou Taal uitgesaai is.

Weens die pandemie het die vervaardiger van die program besluit om die geleentheid vir solodansers te bied om hulle stempel op nasionale TV af te druk.

Dominique se Hip Hop Solo is op 2 Desember uitgesaai en haar harde werk, ure se oefening en onverbiddelike toewyding het vrugte afgewerp toe sy onder die top drie geëindig het. Dit beteken dat sy na die eindrondte deurgedring het, wat later in die jaar gaan plaasvind. Dit is duidelik dat ons wonderlike dinge kan verwag van hierdie talentvolle dansertjie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button