Gospel sanger Piet Smit besoek die Suidkus
PIET Smit, die baie bekende Afrikaanse gospel sanger, besoek gedurende Februarie maand vir die eerste keer in sy musiekbediening, die Laer Suidkus.
Hy sal in die hoofsaal by die TO Strand oord op 21 Februarie om 9vm optree, as deel van die AGS, Port Edward se erediens. Toegang is gratis maar ‘n spesiale offerande sal opgeneem word.
Vir al sy bewonderaars is dit ‘n heerlike vooruitsig om Piet persoonlik te ontmoet en te sien optree. Vir diegene wat Piet nie so goed ken nie, is dit die ideale geleentheid om hom te ontmoet.
Kom geniet Piet se geseengde bediening. Piet se cds sal by die geleentheid te koop aangebied word. U mag hierdie geleentheid nie misloop nie. Almal, oud en jong, is baie welkom. Vir enige navrae, skakel Gina, by die AGS kerkkantoor, 039 311 3717 of Pastoor Willie Henning, 039 3111114 of 0822621372