Local newsNewsSchools

SNP se geel span is bobaas

Verlede Saterdag het 178 entoesiastiese mini-krieket spelers hul kolf en boulwerk ten toon gestel.

SUIDIES het ’n bedrywige week op die sportgebied gehad verlede week. Vrydag was die gr 5, 6 en 7 swemgala en Suné de Wit en Jeandré Joubert het elkeen twee rekords gebreek. Die geel span was bo aan die puntelys en die rooi span het die gees beker gewen.

Oor die afgelope week het vier SNP krieketspanne teen Southcity gespeel. Die eerste span het met 10 lopies gewen, terwyl die tweede span ook, na 10 boulbeurte as oorwinnaars uit die stryd getree. Die 010 span wen met ’n indrukwekkende 10 lopies teenoor 55. Geluk aan Southcity wat die O11 wedstryd gewen het.

Verlede Saterdag het 178 entoesiastiese mini-krieket spelers hul kolf en boulwerk ten toon gestel. Dit was ’n groot sukses. Dankie aan alle ouers vir die ondersteuning.

Lede van die geel span (agter, van links) Mckayla du Bruyn, Simoné Kuilder,  Brendon Gerber, Kiane Joubert, Bennett du Plooy, (voor) Nathan Groenewald, Caitlyn Delport en Katelyn de la Hunt ontvang die beker vir die span met die meeste punte.
Lede van die geel span (agter, van links) Mckayla du Bruyn, Simoné Kuilder,
Brendon Gerber, Kiane Joubert, Bennett du Plooy, (voor) Nathan Groenewald, Caitlyn Delport en Katelyn de la Hunt ontvang die beker vir die span met die meeste punte.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button