SUID-NATAL Primêr gr R maats het verlede week ’n dag vol pret geniet. Hulle het spoggerig by die opedag opgedaag en ’n voorsmakie gekry van volgende jaar. Baie dankie aan elkeen wat die oggend bygewoon het.
Dit was ’n heerlike landloop interhuis byeenkoms verlede Vrydag en massa deelname was aan die orde van die dag. Ouers het kom ondersteun en selfs vir die pret saam met personeel en leerlinge een kilometer afgelê.
Nuwe rekords is opgestel deur Anike du Toit, Liandi du Toit en Mary-Jane van Dyk.
Baie geluk aan al die atlete.
Twaalf Suidie personeellede het die koue in Kokstad getrotseer om ’n atletiek kursus by te woon. Dit was ’n insiggewende kursus en elke onderwyser se afrigtings tegnieke is weer verfris. Baie dankie vir die tyd wat hul opgeoffer het. Die skool wens almal ’n aangenaam en rustige vakansie toe.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033
