NewsSchools

SNP fokus op landloop en atletiek

Welkom aan Bianca Krog wat by die skool aansluit.

WELKOM terug aan al die ouers en leerders.

Hierdie kwartaal fokus ons op landloop en atletiek, met die akademie en kultuur wat normaal aangaan.

Welkom aan Bianca Krog wat by die skool aansluit. Sy is haar voorspoed en baie gelukkige jare by Suid-Natal Primêr toegewens.

Daar is ‘n paar leerders wat die skool verteenwoordig het by Bokkie week te Naboomspruit. Die leerders het baie goed presteer en baie geleer.

Die Suidies-Landsdieners het hierdie vakansie ‘n baie suksesvolle Streekskamp te Mooi Rivier gehad.

Die leerders het baie goed presteer en gun SNP die voorreg om te spog met ‘n Junior-Springbok prestasie wat aan Leandrie Nel toegeken is.

Hierdie is die hoogste sport wat bereik kan word in die Landsdiens op laerskoolvlak. Geluk en sterkte met hul verkiesing tot die Nasionale Projek waar hulle KZN sal verteenwoordig:  Leandrie Nel, Simone Potgieter, Ellri van Zyl en Leani Pauley.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button