NewsSchools

Suidies skitter by ‘Die Oscars’

Elke leerling was genomineer vir ’n toekenning en het ’n Oscarbeeldjie en geskenk gekry.

VERLEDE Vrydag het ’n groep opgewonde gr 12 leerlinge van Hoërskool Suid-Natal by die Estuary Hotel opgedaag vir hul matriekafskeid.

YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN : Suidies skitter by wintersportdag

Die tema was ‘Die Oscars’ en die jong dames en here was omtrent uitgevat in die mooiste skeppings! Elke leerling was genomineer vir ’n toekenning en het ’n Oscarbeeldjie en geskenk gekry. Die aand was suksesvol en laat menige matrieke met goeie herinneringe van ’n spesiale geleentheid in hul skoolloopbaan.

Suidie matrieks (van links) Wessel Strydom, Demi Steyn, Christiaan Venter, Lucinda Engelbrecht, Michael Bornman, Karen Putter, Steven Vorster en Justine Seagreen is uitgevat vir ‘Die Oscars’ by die Estuary Hotel in Port Edward.

Die skool wil die geleentheid gebruik om aan Tania le Roux en haar span personeel en ouers wat betrokke was dankie sê. Sonder die harde werk sou die aand nie ’n sukses gewees het nie.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button