Suid-Natal Primêr se nuutverkose prefekspan het ’n puik leierskamp te TO Strand meegemaak. Leierseienskappe het sterk na vore gekom. Groepwerk en probleemoplossing was aan die orde van die dag, maar daar was ook tyd ingeruim vir pret. Die instrukteurs het uitmuntende werk gedoen en insiggewende bydrae gelewer.
YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN : Suid-Natal Primêr daag ander grade uit
Suidies het baie entoesiasties deelgeneem aan die stap en die verskeie aktiwiteite wat by die Kanker aflos aangebied was. Hul het sommer na die aflos op die perseel gekamp in tente.
Hierdie geleentheid dra baie betekenis uit na kankerpasiënte en hul geliefdes.
Gr 6 leerlinge het ’n projek vir wiskunde gekry waar hulle verskillende 3D vorms moes maak deur spesifieke mates te gebruik. Hul het hierdie opdrag vreeslik geniet en baie leersaam gevind.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033
